
WELKOM BY
MENORAH TABERNAKEL
Menorah Tabernakel glo in die TOTALE Woord van ELOHIM – vanaf Génesis tot Openbaring. Ons glo die HELE Bybel is die waarheid en dat die HELE Bybel is van toepassing op elkeen van ons.
Ons glo met ons hele hart en wese dat YAH’shua, YHWH, ons Elohim is en vlees geword het. Hy het op hierdie aarde kom loop en tussen ons kom wandel. Hy het ons kom leer wat dit is om gehoorsaam te wees in die instruksies en verordening. Hy is ‘n lopende getuie van die Torah, die Woord van Skepper Lewende God. Hy is die perfekte Sondoffer en het die prys betaal vir elke mens wat geskape is. Hy is begrawe en het OPGESTAAN uit die dood as die EERSTE VRUG. Hy het opgevaar en IS die Regterhand van YHWH en Hy gaan weer terugkom om Sy bruid te kom haal.
Ons is 'n Messiaanse Pinkster Bediening en onderhou die 7 Feeste van YHWH. Ons erken en heilig die 7de dag, die Shabbat. Ons glo dit is Abba Vader se vasgestelde tye. Ons is geroep om die weg gelyk te maak soos Johannes die doper in Jesaja 40:3 ('n Stem van een wat roep: Berei in die woestyn die weg van YHWH; maak gelyk in die wildernis 'n grootpad vir onse ELOHIM!). Ons wil mense help om te groei in volwassenheid en om bruid te word.






ONS MISSIE
-
Om die wil van יהוה te doen.
-
Om mense met Vader te versoen deur YAH'shua HaMashiach (Jesus Christus)
-
Mense in volwassenheid te bring met Messias YAH'shua (Christus Jesus)
-
Mense voor te berei vir die wederkoms van YAH'shua HaMashiach...
-
Om 'n lewende getuie te wees op aarde en om יהוה daardeur te behaag en te verheerlik.
Sagaría 4:6
Toe antwoord Hy en sê vir my: Dit is die woord van die יהוה aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur My Gees, sê יהוה van die leërskare.

MENORAH TABERNAKEL & PLAAS DE KUILEN
Vanaf 2024 word Menorah tabernakel se wortels vanuit Benoni na die hartjie van Namakwaland verskuif.
Plaas De Kuilen word ‘n bedieningsplaas en so word die Feeste van Elohim bekend gemaak aan ‘n verlore en vasgevangde volk.
Om meer te sien oor wat ons doen op Plaas De Kuilen kliek hier.




